Rooi Rose

Margaret uit Hollywood

Daar was ’n tyd toe Renée Zellweger se naam by elke lokettreffer uit Hollywood verskyn het. Sy het ’n Oscar en drie Golden Globes gewen en in 2016 het sy stil-stil uit die openbare oog verdwyn. Sy sê sy het tyd gemaak om te studeer. Maar ’n mens kan nie help om te wonder of die kritiek ná die laaste Jones-fliek haar besluit beïnvloed het nie. Mense het haar voorkoms wyd bespreek en gekritiseer op die web, en al wat ’n naamlose trol was, het haar beskinder en afgebreek (gaan kyk ook na Margaret se YouTube-onderhoud met Renée by ). Dit sal selfs die sterkste mens ’n rede gee om agter toe deure weg te kruip. Maar nou is sy terug. Sy verskyn in ’n TV-reeks genaamd Maar noemenswaardiger is haar rol in , waarin sy Judy Garland speel. En sy lewer uitmuntende spel. Sy vang die kwetsbaarheid en charisma van Judy vas en sing ook in die fliek. Maar Renée bly skrikkerig vir publisiteit. En die trolle kan seker nie wag om hul tande in haar in te slaan noudat sy terug is nie. Maar gelukkig kry sy dit reg om resensente se guns te wen. Sy het openhartig met oor haar terugkeer na die silwerdoek gesels. Die fliek wys vanaf 10 Januarie 2020 in Suid-Afrikaanse teaters.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose5 min read
’n Pa se HART
Ek wou altyd ’n pa wees,” vertel Duane Vermeulen telefonies uit Durbanville. Sy vrou, Ezel, gesels net so lekker saam. “Duane se pa is oorlede toe hy maar agt was, en ek dink dit was vir hom belangrik om ’n pa – en ’n goeie pa – te wees.” Op die agte
Rooi Rose1 min read
Wyn Van Die Maand
La Motte Shiraz 2017 is ’n vrugtige shiraz gemaak in die karakter en styl van Franschhoek-shiraz. Die 15% durif shiraz wat bygevoeg word, gee die wyn ’n diep, donker rooivrugkarakter. Durif word veral in Australië en Kalifornië gebruik in versnitte s
Rooi Rose2 min read
SWEEF soos ’n AREND
In Griekwastad is jy ’n veroordeelde gesinsmoordenaar. Het dit emosioneel ’n tol geëis? Met die voorbereiding vir die rol het ek gesukkel om op die emosionele vlak van sekere tonele te kom, en dit was vir my moeilik om iemand te speel oor wie ek gee