Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Engelsman in my slaai
'n Blonde bom
Ek en Prins Donkerkuif
Ebook series3 titles

Lehandi-reeks

Rating: 0 out of 5 stars

()

About this series

Lehandi se matriekjaar begin slegter as ’n rugbywedstryd wat uitgereën het. Haar ma is verloof aan haar aartsvyand se pa en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. Is matriek nie veronderstel om die beste skooljaar van jou lewe te wees nie? Dis wat Lehandi gedink het, maar nou lyk dit asof dinge skielik uitbom! Want die nerdy Peyton het van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense, en dit krap haar hart deurmekaar. En alles verander handomkeer, 180 grade in die verkeerde rigting, wanneer haar vorige BFF Reqita weer terugstap in haar lewe in.
In Ek en Prins Donkerkuif en Die Engelsman in my slaai – die vorige titels in hierdie gewilde trilogie – moes Lehandi haar tienerjare oorleef te midde van drama en uitdagings met bakleierige ouers, skool, vriendinne, ouens en wie weet wat nog . . . Maar dit lyk asof sy haar matriekjaar beslis met ’n bang gaan afsluit!
LanguageAfrikaans
Release dateApr 6, 2016
Die Engelsman in my slaai
'n Blonde bom
Ek en Prins Donkerkuif

Titles in the series (3)

  • Ek en Prins Donkerkuif

    1

    Ek en Prins Donkerkuif
    Ek en Prins Donkerkuif

    Dis ’n nagmerrie om die nuwe girl in die skool te wees. Veral aangesien Lehandi se enigste pel ’n nerd met vlegsels en ’n vispatee-asem is. En dis gou duidelik dat haar droom om gewild te word sodat sy ’n boyfriend kan kry, soos in totally by die drein af is. Al wat haar lewe van verwoesting sal kan red is om Frans Bruwer, met sy breë skouers en donker hare, se hart te verower. Maar al staan Frans se naam in harte en krulle in haar huiswerkboek geskryf, kan sy nie help om te wonder hoekom Drayke Hunter, die creep met sy oe-ek’s-blerrie-oulik-houding, haar maar net nie wil uitlos nie.

  • Die Engelsman in my slaai

    2

    Die Engelsman in my slaai
    Die Engelsman in my slaai

    Lehandi trek dikbek saam met haar ma terug Vrystaat toe en moet al weer in ’n vreemde dorp aanpas. Haar pa en sy flooze verwag ’n nuwe baba en boonop is Drayke myle ver in Pretoria en besig om haar boodskappe te ignoreer. Dit lyk nie of die long-distance-relationship-ding vir haar gaan werk nie, al probeer sy hoe hard. Veral aangesien Garth Johnson – elke girl se droomou en elke onderwyser se nagmerrie – sy bes doen om dinge behoorlik om te krap. Wanneer Lehandi in sy seegroen oë kyk, weet sy net een ding: Hier kom mega-groot moeilikheid. In Ek en Prins Donkerkuif – die eerste titel in hierdie reeks – was Lehandi se graadtien-jaar vol struikelblokke en drama. Maar dit lyk beslis of die nuwe jaar nóg interessanter dinge gaan opdis.

  • 'n Blonde bom

    3

    'n Blonde bom
    'n Blonde bom

    Lehandi se matriekjaar begin slegter as ’n rugbywedstryd wat uitgereën het. Haar ma is verloof aan haar aartsvyand se pa en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. Is matriek nie veronderstel om die beste skooljaar van jou lewe te wees nie? Dis wat Lehandi gedink het, maar nou lyk dit asof dinge skielik uitbom! Want die nerdy Peyton het van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense, en dit krap haar hart deurmekaar. En alles verander handomkeer, 180 grade in die verkeerde rigting, wanneer haar vorige BFF Reqita weer terugstap in haar lewe in. In Ek en Prins Donkerkuif en Die Engelsman in my slaai – die vorige titels in hierdie gewilde trilogie – moes Lehandi haar tienerjare oorleef te midde van drama en uitdagings met bakleierige ouers, skool, vriendinne, ouens en wie weet wat nog . . . Maar dit lyk asof sy haar matriekjaar beslis met ’n bang gaan afsluit!

Author

Dihanna Taute

Dihanna Taute is op 6 Januarie 1983 in Welkom gebore. Nadat sy in 2001 matrikuleer, verhuis sy na Bloemfontein. Aan die begin van haar studies werk sy as kelnerin om vir haar studies te betaal. Sy is later as tekenaar by stadsbeplanners aangestel. Nadat sy haar trouman ontmoet trek hul gereeld agter sy beroep as padingenieur aan. Sy woon tans saam met haar man en 4 kinders in Namibië.

Related to Lehandi-reeks

Related categories

Reviews for Lehandi-reeks

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words