Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Seekat
Oervallei
Goudstad van Skeba
Ebook series7 titles

Oerwoudvalk reeks

Rating: 0 out of 5 stars

()

Unavailable in your country

Unavailable in your country

About this series

LAND VAN DIE VAMPIERE - OERWOUDVALK REEKS


In hierdie laaste verhaal vergesel die Oerwoudvalk ’n wêreldbekende ontdekkingsreisiger en wetenskaplike, asook ’n paar ander eskpedisielede.  Hulle is almal op soek na die Vampier jagters.  Dit is ’n lang verlore blanke stam, diep in die hartjie van die Amasone.  Kort op hulle hakke volg ’n skurk en sy trawante hulle in ’n ander motorboot.  Hulle is bewus is van die soektog, maar is net agter die goud aan, wat die verlore stam moontlik besit.


 Skaars is die Valk en sy lede onderweg, of hulle word aangeval deur Indiane met dodelike gifpyltjies.  Die Rivier van die Dood wemel van priranhas en dit eis ook talle slagoffers wat daarin beland.  Hulle oorleef dit net-net, maar loop hulle dan kort daarna weer vas in Indiaan kopjagters.  Toe die nood op sy hoogste is, kry hulle redding uit ’n onverwagse oord, maar beland in die proses in die mag van die skurk wat hulle heeltyd agtervolg het.


Saam soek hulle verder na die Land van die Vampiere en net toe hulle dit bereik, word hulle daar deur die Vampier krygers gevange geneem.  Daar ontdek hulle tot hulle uiterste verbasing iemand wat al vir baie jare as vermis aangeteken is.  Hulle word toe voor die keuse gestel om vir ewig daar te bly of in die Tempel van die Vampiere geoffer te word. 

LanguageNederlands
Release dateNov 19, 2018
Die Seekat
Oervallei
Goudstad van Skeba

Titles in the series (7)

  • Goudstad van Skeba

    1

    Goudstad van Skeba
    Goudstad van Skeba

    GOUDSTAD VAN SKEBA - OERWOUDVALK REEKS Die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, is net gewapen met ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Hy deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende.  In hierdie verhaal moet hy tot die redding kom van ’n volkekunde professor, sy dogter, ’n man en sy vrou en ’n student, wat in die hande val van Basan, ’n wrede en genadelose diktator.  In die Valk se strewe om die volkekundiges uit Basan se hande te red, moet hy ’n woeste storm oorleef, ontsnap van die mensvreters Wasari-stam wat hom gevange geneem het, met gevaarlike bobbejaanmannetjies buite en binne ’n arena veg, teen steil kranse afseil en Die koningin van Skeba help om Basan se mag finaal te breek.   In die proses moet die Valk gedurig deur veg vir oorlewing en aan volop aksie ontbreek die verhaal dus geensins. Gaan die Valk betyds wees die professor se dogter te red van ’n brandstapel, voor sy geoffer word? 

  • Die Seekat

    2

    Die Seekat
    Die Seekat

    DIE SEEKAT - OERWOUDVALK REEKS Die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, is net gewapen met ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel.  Hy deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende. In hierdie verhaal begelei die Oerwouvalk die vyf Suid Afrikaners terug na Suid Afrika, na hul ontsnapping uit die Goudstad van Skeba.  Op pad terug sien hulle twee straalvegvliegtuie wat op mekaar skiet.  Die een vliegtuig word gou neergeskiet, maar die loods spring betyds uit met ’n valskerm.  Toe hulle hom ontdek is hy reeds sterwend.  Hy vertel hulle onder andere van Seekatmanne en ’n moeras vol wilde diere.  Saam met ’n pigmeë stam gaan soek die Valk na die nes van die Seekat-organisasie. Op pad kry die Valk onder meer te doen met water olifante, krokodille wat hom aanval, vampier vlermuise en ’n aardbewing.  Hy kry ook die skok van sy lewe as hy ontdek dat iemand baie na aan hom in doodsgevaar verkeer.

  • Oervallei

    3

    Oervallei
    Oervallei

    OERVALLEI - OERWOUDVALK REEKS Die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, is net gewapen met ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel.  Hy deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende.  In hierdie derde verhaal van die Oerwoudvalk reeks red die Valk vir Aztec Calder uit die kake van ’n leeumannetjie.  Die ylende Calder het nog kort voor sy dood gemompel van ’n verlore vallei in Afrika, oermense en diere en ook van ’n geselskap blankes wat daar vasgekeer is. Deur Aztez Calder se voetspore te volg, ontdek die Valk spoedig die verlore vallei. Net daar verloor hy al byna sy lewe teen ’n vlieënde oerdier.  Die Valk kry verder ook te doene met Dinosourusse en verskillende oermens stamme.  Gevaar dreig om elke hoek en draai en nie lank nie of die Valk verneem dat as mens jou self eers in hierdie verlore vallei bevind, jy nooit weer lewendig daaruit kom nie...

  • Jagters van Zarsjata

    4

    Jagters van Zarsjata
    Jagters van Zarsjata

    JAGTERS VAN ZARSJATA - OERWOUDVALK REEKS Die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, is net gewapen met 'n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel.  Hy deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende. In hierdie vierde verhaal van die Oerwoudvalk reeks is die Valk en 'n geselskap blankes, wat hy probeer red het in die derde verhaal, steeds in die Oervallei.  Die rede is omdat hulle op soek is na Mimi Loloberg, eertydse rolprentster, wat hulle vermoed deur die Sjaloks van Zarsjata ontvoer is.  Intussen daag daar 'n bende rampokkers in 'n helikopter uit die buitewêreld op, want hulle het nuus gekry oor blink klippies wat blykbaar volop is in hierdie tropiese Oervallei.   Asof dit nie reeds erg genoeg is nie, moet die Valk ook nog probeer om vir Mimi Loloberg uit die hande van die Sjaloks te probeer red en weer vrede te probeer skep tussen al die oerstamme in die Oervallei.  In die proses moet die Valk kragte meet met een van die oervallei se kragtigste oermanne en ook ontsnap van 'n reuse oerdier se verwoede stormloop en dit is maar net van die Valk se opwindende avonture in die verlore Oervallei.

  • Die Luiperdbende

    5

    Die Luiperdbende
    Die Luiperdbende

    DIE LUIPERDBENDE - OERWOUDVALK REEKS Die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, is net gewapen met 'n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel.  Hy deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende. In hierdie verhaal kry die Oerwoudvalk te doen met die gevreesde Luiperdbende.  In opdrag van Kolonel Fleerackers, hoof van die Belgiese Veiligheidspolisie, word hy gevra om ondersoek te gaan instel na hulle bedrywighede en om dit te probeer vernietig. Gou kom die Valk af op 'n plaas wat aangeval is deur die Luiperdbende.  Hy ondek toe dat hulle die plaasmense se dogter ontvoer het en maak dit toe sy taak om haar te gaan red, voor sy geoffer word aan die Luiperdgod.  In sy agtervolging kry die Oerwoudman onder andere te doen met 'n krokodil wat so byna byna sy lewe kos.  Asof dit nie erg genoeg is nie, moet hy ook een van die natuur se gevaarlikste tropiese storms oorleef en dit is maar net die begin van al sy drama.  In die vesting van die Luiperdmanne kom die Valk weer aangesig tot aangesig met 'n ou bekende vyand van hom.  Daar word die Valk in 'n put gegooi saam met drie luiperds.  Gaan hy dit oorleef of is dit die einde van die Oerwoudman?

  • Rewolusie in die Oerwoud

    6

    Rewolusie in die Oerwoud
    Rewolusie in die Oerwoud

    REWOLUSIE IN DIE OERWOUD - OERWOUDVALK REEKS In hierdie verhaal kry die Oerwoudvalk te doen met rewolusie, opstand, moord en brandstigting in die Belgiese Kongo.  Alles begin toe ’n Griek genaamd Poponoulis en sy gesin deur inboorlinge aangeval word.  Gelukkig vir hulle is die Valk toevallig in die nabyheid en kan hy hulp verleen.  Hy hoor van nog mense wat vlug van al die geweld en maak dit sy doel om hulle betyds te probeer vind, voor almal uitgemoor word.  Gou kom die Valk op ’n sendingstasie af met ’n geheimsinnige draadomheining rondom.  Daar binne ontmoet hy ’n Biskop Gravalotte en dadelik besef die Valk dat alles daar nie heeltemal pluis is nie.  In die Valk se soektog na almal, kom hy te staan teen ’n yslike leeumannetjie, wat hy slegs met kaal hande en ’n jagmes aandurf.  Groot is sy verbasing toe hy ontdek wie se lewe hy in die proses gered het.  Verder daag daar ook hulp vir hom op vanuit ’n totaal onverwagte oord.  Dit stel hom toe in staat om met hulle hulp, die sendingstasie, waar al die onheil broei, te gaan aanval, sy vriende te gaan bevry en so die rewolusie te probeer beëindig.

  • Land van die Vampiere

    7

    Land van die Vampiere
    Land van die Vampiere

    LAND VAN DIE VAMPIERE - OERWOUDVALK REEKS In hierdie laaste verhaal vergesel die Oerwoudvalk ’n wêreldbekende ontdekkingsreisiger en wetenskaplike, asook ’n paar ander eskpedisielede.  Hulle is almal op soek na die Vampier jagters.  Dit is ’n lang verlore blanke stam, diep in die hartjie van die Amasone.  Kort op hulle hakke volg ’n skurk en sy trawante hulle in ’n ander motorboot.  Hulle is bewus is van die soektog, maar is net agter die goud aan, wat die verlore stam moontlik besit.  Skaars is die Valk en sy lede onderweg, of hulle word aangeval deur Indiane met dodelike gifpyltjies.  Die Rivier van die Dood wemel van priranhas en dit eis ook talle slagoffers wat daarin beland.  Hulle oorleef dit net-net, maar loop hulle dan kort daarna weer vas in Indiaan kopjagters.  Toe die nood op sy hoogste is, kry hulle redding uit ’n onverwagse oord, maar beland in die proses in die mag van die skurk wat hulle heeltyd agtervolg het. Saam soek hulle verder na die Land van die Vampiere en net toe hulle dit bereik, word hulle daar deur die Vampier krygers gevange geneem.  Daar ontdek hulle tot hulle uiterste verbasing iemand wat al vir baie jare as vermis aangeteken is.  Hulle word toe voor die keuse gestel om vir ewig daar te bly of in die Tempel van die Vampiere geoffer te word. 

Related to Oerwoudvalk reeks

Related categories

Reviews for Oerwoudvalk reeks

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words