Rooibos
MAAK SY MODE-MERK
Serpe, pofbaadjies T-hemde, rokke, langbroeke . . . selfs tekkies! Rooibostee maak nou ook sy merk in die modewêreld – as modekleur en kleurstof. Dit het tot ’n Pantonekleurkode (’n gestandaardiseerde kleursisteem). Baie internasionale mode-, sporten buitelewehandelsmerke gebruik deesdae meer natuurlike bronne soos sampioene, alge en plante om materiale te kleur – hul bydrae om klere meer eties en volhoubaar te vervaardig, sê Adele du Toit van die SA Rooibosraad. Natuurlike kleurstowwe soos rooibos is