The Eland’s Click Song
In die Mei/Junie 2022 uitgawe verwys Koos Barnard na die klik geluid wat ’n eland maak. Ek is nou 67 jaar oud en in die bosveld naby Swartwater (Limpopo) groot geword, waar ek tot so drie jaar gelede met wild geboer het. Hier het ek by meer as een geleentheid die klik geluid wat groot volwasse elandbulle maak wanneer hulle in die veld stap, gehoor.
Die vraag is wat veroorsaak dié geluid? My mening is dat groot volwasse bulle se voorste hoewe nie presies ewe lank is nie. Wanneer kan duidelik gesien word dat dit reeds begin gebeur het met die spesifieke hoef. Wanneer ’n eland rustig stap veroorsaak dit die klap geluid.