Koe'sister

Food to heal our hurt

Jy dra die dood huis toe

Wilma Paulse

’n Mens dra nie begrafniskos huis toe nie, jy dra die dood huis toe. Dit het ek baie keer gehoor terwyl ek grootgeword het.

Met die doodsengel van Covid wat soos ’n briesende leeu loop en mense verslind, moes die mensdom baie aanpassings maak ten opsigte van ons koskultuur en hoe ons met kos omgaan wanneer ons rou. Want kos troos ons, maak ons gelukkig, maak ons harte ligter as dinge te swaar raak om te dra.

Begrafniskos is deel van begrafnis. Daar word ’n hele vergadering gehou daaroor. In my komvandaan-gemeenskap in die Noord-Kaap moet daar eerstens bloed gemaak word by die doodshuis, bedoelende daar word geslag. Die voltydse begrafnislopers (daai mense wat nooit ’n lift gat toe het nie en kliphard en voluit sing) stuur dan vinnige boodskappies rond: “Het jy gehoor daar’t ’n bus (bees) en twee taxis (skape) by so-en-so se huis geval?” En daar’s anties wat kom skraap en hulle kom reg met hulle se skerp messe, gereed om die vleis reg te kry vir die begrafnismaal.

Daai hele week kry die hoofbedroefde familie eerste kos en kom nooit self in die kombuis nie. Drinkgoed en eetgoed word aangedra deur die familie en vriende. So van die Donderdag af begin die sakke groente aankom en die anties begin skil. Daar word in ’n skerm buite die huis gekook in groot swart potte. Dwarsdeur Vrydagnag prut daai potte op louwarm kole, en die beet en wortelslaaie staan in groot bakke op die eetkamertafel, toegegooi met wit lace tafeldoeke. Ek’t menige male gewonder hoe mens daai beetkolle uit die wit tafeldoeke gaan kry.

As Saterdagoggend aanbreek en die lyk kerk toe beweeg en die hoofbedroefdes gaan om hulle geliefde te bêre, maak die kook-anties solank gereed vir die groot opskep as die mense van die gat af kom.

Destyds, soos my geheue my vertel, het mense uit papierborde geëet, pers van die beetslaai wat so drup-drup terwyl hulle eet. Ordentlike begrafniskos is rys en bruin vleis, fyn pampoen, aartappelslaai en wortel- of beetslaai. Met ’n glasie aanmaaksap.

Deesdae word dit bedien in laptops (polistereenbakkies) en mense drink glo net botteltjies koeldrank, want hulle wil blykbaar nie meer aanmaakkoeldrank drink nie.

Anyway, as die begrafnisgangers terugkom vannie begrafplaas af, word daar hande gewas (om die dood af te was het iemand my herinner) en dan val die mense innie lyn, reg vir die groot eet! En kuier, gesels, opvang en groetery van mense wat mekaar lanklaas gesien het terwyl daar frantically geskep en bedien word. Familiekinders word ingespan om almal te bedien. Die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Koe'sister

Koe'sister1 min readRegional & Ethnic
Flowery Compound Butter
I love all types of flowers, but edible flowers and herbs just have a certain kind of magic. It can elevate a dish to another level with taste as well as aesthetics. It’s spring and my planters are brimming with edible beauties. So today I made compo
Koe'sister3 min read
Set A Table
As I'm writing this, I am watching the latest episode of Come Dine With Me, where contestants not only have to deal with a winning menu that pleases everyone, but also the positive/negative criticism of the guests. Each contestant, must cook for gues
Koe'sister21 min read
TELL ME A Story
One aim of observing World Poetry Day is to change the perception of poetry as an outdated form of art to one which enables society as a whole to regain and assert its identity. And since Koe'sister is all about komvandaan storytelling, we decided to

Related Books & Audiobooks