Koe'sister

’N PAARLSE KRISMISKOEK IN BERLYN

Die feesseisoen word – buite inperking en die groot pandemie – tot groot hoogtes gevoer in baie Europese lande, waar Kersmarkte, stomende geregte en warm wyn met Kersliedjies jou in die stemming kry. Ek het my handskoene, wolmus en dik jas afgestof vir Kersfees en Nuwejaar in Berlyn, Kraków en Warsaw, maar tog my eie tikkie Afrika – my eie komvandaan – saamgeneem.

Weke voor ons vertrek, het vriende begin vra vir foto’s van die Kersmarkte in die stede waarheen ons gaan, want dis op baie mense se doenlysies. Hier en daar het een gevra dat ons klein, unieke Kersversierings saambring as daar ’n gaatjie in ons tas is.

’n Paar weke voor die groot dag, word ’n lieflike vrugtekoek deur die glanssjef, Mynhardt Joubert, by ons afgelewer. Die Vrystaats-Kersvrugtekoek is propvol neute en KWV brandewyn. Die koek moet toe saam op vakansie, want die vriende en familie wat ons oorsee ontmoet, is almal Suid-Afrikaners wat bleek is van te veel Britse buisligte en bewolktheid. Die bottel KWV is ook ingepak, sodat die koek – en ons – darem ’n dag of wat voor Kersfees weer ’n bietjie vogtigheid kan kry.

Toe ons drie dae voor Kersfees in Berlyn land, is) waar die stalletjies tussen die Berlynse konsertsaal en die Franse- en Duitse Kerke opgeslaan is. Die feestelikhede gaan om die voete van die digter, Friedrich Schiller, voort.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Koe'sister

Koe'sister2 min read
HAVE A HOT CROSS AFFAIR WITH APPLE, CINNAMON & VANILLA BUNS
These buns are raisin-free - a good alternative if you're not partial to raisins and currants. I used my tried and tested recipe for Extra Spicy Hot Cross Buns and adapted the recipe to include grated Flash Gala apples, lots of cinnamon and vanilla p
Koe'sister2 min read
Koe'sister
EDITORIAL We thank our contributors for their recipes and stories that made this magazine possible. REGULAR CONTRIBUTORS: Hajra Cassim, Charisse Beukes, Lenore Combrink, Warren Conrad, Ernestine Dean, Maygene de Wee, Shihaam Domingo, Errieda du Toit,
Koe'sister1 min read
Fresh From The Ocean
Shallow fry the onion until soft, then add potatoes. Cook potatoes until almost soft, then add snoek heads with salt, pepper and masala, to taste. Bring to a boil, add the other ingredients, and lastly add sugar, then check for sweet/sour balance. Si

Related Books & Audiobooks