Kamp en Karavaan

Die werkswinkel

ISUZU 3.0-LITER-HANDRATDUBBELKAJUIT 2017

n 2017 het ons 2.0 liter- outomatiese Chev Captiva ons harde bene laat kou. Baie lesers het raad gegee oor wat om te doen, en om 'n lang storie kort te maak, het ons die Captiva op 9/1/2018 ingeruil, en dit met 'n Isuzu-3.0-handratdubbelkajuit vervang. Al wat ons kan sê, is dat dit 'n wonderlike voertuig is. Ek is nie 'n bestuurder wat die petrolpedaal baie diep intrap nie, en my kruisspoed is gewoonlik sowat 100-110 km/h – soms 120 wanneer nodig. Teen hierdie spoed is my brandstofverbruik ongelooflik laag – altyd tussen 7,53 tot 7,82 en 8,5 per 100 km/h en 10,14 liter per 100 km wanneer ek van Maritzburg na Scottburgh en terug sleep, 'n afstand van sowat 264 km – plus die ekstra kilometers om 'n bietjie rond te ry. Die verkoopsman by Key Chev Pietermaritzburg het my al dikwels probeer oortuig om die Isuzu D Max te koop. Maar hoekom sal ek 'n goeie voertuig verkoop wat goeie diens gee? Hulle sê ook soms vir my ek het die voete van 'n engel, met die verbruik wat ek kry. Ons is nou op karavaan no. 9, 'n Gypsey Romany, en ons gaan dikwels na Scottburgh Caravan Park. Die reis daarheen en terug gee ons tussen 10,14 en 11,18 liter per

You’re reading a preview, subscribe to read more.