Kamp en Karavaan

Meisies wil net pret hê

Alles het begin toe ek 69 jaar oud was, en in 'n kothuis op 'n wildplaas gewoon het waar ek gewerk en gespaar het vir aftrede. My Opeltjie het swaargekry op die ellendige paaie, en ek het skielik gedink:“Dis nou genoeg hiervan, nou het ek 'n goeie rede om 'n 4x4 te koop!”

Vir sommige mense sal dit moontlik na 'n roekelose besluit klink, maar ek het skielik besef dat ek nie weet hoe lank ek nog sou leef nie. As ek wou pret en avontuur hê, sou ek my litte moes roer.

Ek het 'n tweedehandse Freelander 2-outomatiese 4x4 gekoop, die baba in die Land Rover-familie – en hoe het ek dit nie geniet nie! Ingesluit by die koopprys was 'n 4x4-veldbestuurskursus wat ideaal was vir my om uit te vind waartoe die Freelander in staat was.

Ek moet erken dat ek aanvanklik bedenkings gehad het. Ek was bang dat ek nie situasies sou kon hanteer wat groot, sterk mans maklik kan baasraak nie (ek is klein), en dat hulle op my sou neersien as ek agter raak. Ek het egter die stoute skoene aangetrek en Land Rover se vaardigheidstoets aangepak. Gelukkig was daar een ander persoon, 'n jong man wat ook 'n bietjie onseker gevoel het en toe het ons twee ons bekommernisse gedeel. Dit was 'n baie interessante oggend. Ons het aandagtig na die kursusinstrukteur geluister, en baie geleer.

“Vertrou jou kar," het hy gesê, en die voertuig was inderdaad so bekwaam dat ek werklik goed gevaar het. Ek is op 'n adrenalienhoogtepunt daar weg. Ek het dit gedoen! Dit was só opwindend; ek het die uitdaging geniet en wou meer hê.

Is jy 'n enkelvrou wat die sogenaamde "goue jare" nie juis baie opwindend vind nie? Is jy spyt dat jy nie die

You’re reading a preview, subscribe to read more.