Kamp en Karavaan

Mbombela

Mpumalanga is 'n gewilde halfwegstasie vir reisigers en toeriste wat op pad is na die Kruger-wildtuin en Mosambiek, maar eerder as om net vlugtig daar te vertoef, hoekom nie 'n paar dae daar oorbly en Mbombela, die hoofstad van Mpumalanga, verken nie. Hierdie groot dorp wat vroeër bekend gestaan het as Nelspruit, is 'n sentrale punt in die Laeveld. Mbombela is geleë op die oewers van die Krokodilrivier, dit kry baie sonskyn, en het 'n gematigde, subtropiese klimaat. Die goeie ligging maak dit 'n ideale basis waarvandaan Mpumalanga verken kan word.

Hiervandaan kan jy 'n verskeidenheid natuurreservate besoek, die pragtige natuurskoon geniet, en sommige van die kronkelende bergpasse verken. Die gebied wemel van opwindende aktiwiteite en unieke ervarings, waarvan sommige die adrenalien sal laat pomp. Opvoedkundige toere en uitstappies kan onderneem word, en natuurliefhebbers en stappers sal meer as genoeg aktiwiteite vind om hulle besig te hou.

Die gebied is ryk aan subtropiese vrugte, soos mango's, avokado's, lemoene, suurlemoene, litjies en

You’re reading a preview, subscribe to read more.