Kamp en Karavaan

GEBOU om te hou VIR AFRIKA

Nadat ons 4x4-ryhuis gebou is en ons verskeie kere in die Wes-Kaap daarmee gekamp het, het ons besluit om Namibië aan te pak.

Dit was die soort reis wat ons in gedagte gehad het toe ons die bakwerk op 'n 2017-model-Fuso FG6-136 4x4-onderstel met 'n BVM van 6 000 kg ontwerp het.

'n Paar kort kampuitstappies het reeds enkele probleme wat soms gepaardgaan met 'n nuutgeboude voertuig uit die weg geruim, maar 'n vier weke lang reis op grondpaaie sou 'n goeie toets wees vir ons huis-op-wiele.

Ek en my vrou, Annelise, was albei 25 jaar laas in Namibië – voordat ons mekaar ontmoet het – en ons het albei aangetrokke gevoel tot hierdie pragtige land met sy sonderlinge magnetisme. Die keuse van 'n bestemming vir ons ryhuis se nooienstog was dus maklik.

Ons gesin van vier het die laaste week van Junie toe die skoolvakansie begin het, uit Kaapstad vertrek. Die eerste skof was 'n ontspanne rit tot by Springbok Caravan Park, 'n gerieflike poort na Namibië vir baie kampeerders!

Alle ervare kampeerders sal met my saamstem dat die sleutel tot hierdie soort vakansies is om vroeg te begin en vroeg by jou bestemming aan te kom.

Op dié manier is jy tydens die koelste tye van die dag op die pad en kan jy jou reiservarings geniet in plaas daarvan om in die donker kamp op te slaan.

Die wonderlikheid daarvan

You’re reading a preview, subscribe to read more.