Kamp en Karavaan

Opgradering nuus & resensies

DIE MAMMOTH IS SY NAAM WAARDIG

Ontmoet die nuwe eksklusiewe model wat die Mammoth heet, in Bush Lapa se reeks 4x4-veldryhuise. Hierdie vierslaapplekvoertuig is mans genoeg vir grondpaaie, en word op 'n Iveco-4x4-enkel- of dubbelkajuit gebou. Dit het 'n badkamer binne met 'n funksionele toilet en stort. Die swaargewigontwerp maak dit baie geskik vir ritte op grondpaaie, en dit kan doelgebou word volgens 'n koper se behoeftes. Daar is direkte toegang van die kajuitarea af na die leefarea. As potensiële kopers agter die stuurwiel inskuif, sal hulle vind dat die Mammoth ten volle aan sy doel beantwoord. Wanneer 'n mens 'n viertrekryhuis in strawwe toestande hanteer, raak jy gou

You’re reading a preview, subscribe to read more.