Kamp en Karavaan

Kampvuur praatjies

RY JY DALK DEUR LAINGSBURG?

Beplan jy om hierdie somer af te ry Kaap toe? Ses jaar gelede het ek Poppie van As (63), 'n bejaarde, minder bevoorregte vrou ontmoet wat 'n klein roosterkoekpadstalletjie langs die N1 in Laingsburg bedryf.

Ek het om en by Nuwejaarsdag op my fiets in Laingsburg rondgery, en die eerste ding wat my na Poppie se padstal aangetrek het, was die wonderlike geur van haar roosterkoeke! Ek het een met kaas en konfyt gekoop – en ons het 'n geselsie aangeknoop. As jy al ooit met Poppie kennis gemaak het, sal jy weet dat 'n mens dadelik van haar hou. Sy is 'n bol energie. Voordat ek die dorp verlaat het, het ek na haar stalletjie teruggekeer en nog 'n paar van die roosterkoeke gekoop omdat hulle so ongelooflik lekker was.

Sedertdien het die Italiaanse verteenwoordigers by die Eroica South Africa-fietsrybyeenkoms haar na Gaiole, Italië genooi om die hoofgeleenheid as 'n spesiale gas by te woon. Hulle betaal vir haar vlug

You’re reading a preview, subscribe to read more.