Kamp en Karavaan

Die werkswinkel

ENJIN WAT OORVERHIT

Ons het op 1 September van Amanzimtoti af vertrek vir ons soveelste besoek aan die Kruger-wildtuin. Helaas, dit was egter nie hierdie keer vir ons bedoel nie. Buite Hluhluwe, Zoeloeland, het ons Hyundai Tuscan begin oorverhit, en ons het stadig verder gery tot by Bushbaby Lodge & Camping, waar ons voorheen baiekeer gekamp het, om uit te vind hoeveel skade daar was. Teen daardie tyd het taamlik baie vloeistof al uitgelek.

Pim, die eienaar, het ons na die enigste werktuigkundige op die dorp beduie, maar omdat dit 'n Sondag was, moes ons tot Maandagoggend wag.

Tot ons ontsteltenis moes ons hoor dat die silinderkoppakstuk geblaas het en dat dit 'n week of langer sou duur om te herstel. Elke wolk het egter 'n silwer randjie (of so sê hulle), en ons het toe die Sondag kamp opgeslaan en twee baie aangename nagte op die Bushbabykampterrein deurgebring waar vreeslik baie voëls is. Ons kleinseun en skoonseun het ons die Dinsdag na middagete kom haal en huis toe geneem. Ons wag nou om te hoor wanneer ons Tuscon kan kom haal (en hoeveel dit sal kos). SanParke het ons toegelaat om ons bespreking sonder enige koste na volgende jaar te verander.

Ons het natuurlik ons vakansie misgeloop, maar dit

You’re reading a preview, subscribe to read more.