Kamp en Karavaan

HESSEQUA OP SY BESTE

Dadelik nadat ek gevra is om agter die stuur van 'n splinternuwe ryhuis in te klim en die pad te vat Suid-Kaap toe om vyf munisipale kampterreine wat onder die Hessequa-munisipalitet val te besoek en resensies daaroor te skryf, het ek gretig reëlings getref daarvoor. Die reis sou by die Witsand-karavaanpark begin, aanskuif na Jongensfontein Karavaanpark, daarna Ellensrust-karavaanpark, Preekstoel-karavaanpark, en eindig by Gourits-karavaanpark. Dit was nie moeilik om te beplan nie, want Augustus was buite seisoen en die meeste van hierdie kampterreine het kampstaanplekke en chalets beskikbaar gehad. Die rit na ons eerste verblyfplek was skilderagtig, met golwende landskappe weerskante, en die kanola het al plek-plek goudgeel geblom.

WITSAND-KARAVAANPARK

Ons het die aand in gietende reën by Witsand-karavaanpark aangekom, maar dit het ons glad nie van stryk gebring nie, want ons was in die gerieflike Discover FunX, met alles wat ons nodig

You’re reading a preview, subscribe to read more.