Kamp en Karavaan

'n Watermassa wat jou asem wegslaan!

In die Oktober-uitgawe het ek van my kampervaring by Gooderson Natal Spa langs die Bivane-rivier, naby Paulpietersburg vertel. Ek was nou op pad na 'n ander kampterrein, Bivane Dam, by daardie selfde rivier. As 'n mens soos die arende wat in hierdie omgewing aangetref word, sou kon vlieg, sou dit net 'n reis van sowat 15 kilometer gewees het. Teen hierdie tyd moes ek geweet het dat twee plekke wat so naby mekaar is, baie verskillend kan wees, soveel so dat dit voel hulle is in verskillende lande.

Bivane Dam se 700 hektaar water het aan albei kante steil berghange, en die dam kry sy lewegewende water van 'n opvanggebied van 1 600 vierkante kilometer. Maar hierdie syfers kan jou nie 'n idee gee van die vreedsaamheid en skoonheid wat op jou wag op hierdie magiese plek nie. Ek is oortuig daarvan dat Steve Irwin, die oorlede Aussie-natuurbewaarder hier sou geskree het: “Crikey what a beauty!” toe hy hierdie plek die eerste keer gesien het. Dis so ongelooflik mooi en afgeleë dat jou eerste blik van die groot watermassa tussen die steil berghange jou asem wegslaan.

You’re reading a preview, subscribe to read more.