Kamp en Karavaan

Adventure Xtreme-karavane

Daar is nou soveel veldkaravane op die mark dat dit my herinner aan die wêreld se grootste karavaanskou, die Caravan Salon in Düsseldorf, Duitsland. Daar vertoon meer as 500 verskillende vervaardigers hul karavane. Dit is vir my onverstaanbaar hoe mense besluit wat om te koop. Onthou, elke karavaan, ryhuis en sleepwa word op 'n boksvorm gebaseer; tog is daar soveel om uit te kies. Google net avontuursleepwaens (adventure trailers) en jy sal sien wat ek bedoel.

Nou-ja, mense se voorkeure en behoeftes verskil natuurlik. Die spreekwoord sê: Soveel hoofde soveel sinne. Daarom sal almal nie in dieselfde produkte belangstel nie. Daar is sleepeenhede vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.