Kamp en Karavaan

Weskus se Lambertsbaai

Boerekos, visbiltong en vars seekos uit die Atlantiese Oseaan, gebraaide kreef met suurlemoenbotter of peri-peri-sous, lang wandelings op die strand en 'n koel seebries in die aand – dit alles en baie, baie meer kenmerk een van die mees fantastiese plekke om te kamp. Ek wil teruggaan!

Hoekom hou ek so baie van die Weskus? Ek behoort eintlik nie, want ek is in die mistige woude van Kenia gebore. Maar hoe ouer ek word, hoe meer pluk dorre woestynagtige landskappe aan my hartsnare. Die lewe lei ons op vreemde paaie. Miskien het my liefde vir die Weskus op 'n vroeë ouderdom begin toe ek tydens my eerste universiteitsvakansie in Namakwaland begin werk het. Ek was moontlik die swakste Latyn- en regstudent in die geskiedenis. “Carpe diem,” sê ek.

Toe my pa uiteindelik sê: “Welkom in die groot, wye wêreld, my seun, pak jou goed en trek Ferreira,” het ek koers gekies Weskus toe om ses jaar by die diamantmyne in Oranjemund te werk. My Weskusverslawing is gebore. En nou, meer as 50 jaar later, is daardie verslawing net sterker.

Ek het dus na die kans om 'n bietjie in die Weskushemel te gaan kuier aangegryp toe my baas sê: “Vat die nuwe Isuzu D-Max en die karavaan, en kies koers Lambertsbaai toe. Dis kreefwêreld, en hulle het 'n eet-soveeljy kan-seekos-eetplek. Vind ook uit of daar kampplekke is.”

Daar is baie maniere om op Lambertsbaai te kom, maar omdat ek van my huis in Greyton af gekom het, het ek op die N7 na Clanwilliam koers gekies. Ek het links afgedraai op die R364 in die rigting van Lambertsbaai. Die roete na Citrusdal met die N7 langs oor Piekenierskloofpas is pragtig. As jy oor die pas is, kry jy jou eerste blik van die Cederberge. By Clanwilliam draai jy wes en hou aan deur die steil Elandsberge voordat jy Graafwater bereik. Nou is jy in die Sandveld, land van rooibostee, skape,

You’re reading a preview, subscribe to read more.