Kamp en Karavaan

Kampvuur praatjies

DIE GOGGA HET GEBYT

Ons, die Tawana-gesin van Kimberley, het besluit om in 'n XT160-veldkaravaan te belê om die wonderlike wêreld daar buite ten volle te begin geniet. Gedurende die Erfenisdag-langnaweek in September het ons die eerste keer gaan kamp.

Baie opgewonde het ons ons karavaan begin pak: ons klere, lamstjops, lamsribbetjie, wors en vis om te braai, en daarna hout, drinkwater, ys– alles onder die son wat ons êrens kon indruk.

Ons het die veldkaravaan aan ons Toyota Land Cruiser-bakkie gehaak en koers gekies op die N12-Noord na die Noordwes-dorpie Bloemhof waar ons plek bespreek het by die Sandveld Natuurreservaat, aan die Vrystaatkant van die Bloemhofdam.

Ons is deur vriendelike personeellede verwelkom wat ons aanwysings gegee het na die geëlektrifiseerde staanplekke. Hulle het vir ons gesê dat die oord

You’re reading a preview, subscribe to read more.