Kamp en Karavaan

Verken die Weskus DEEL 2

Dis Sondag, en ek het vir middagete by die legendariese Muisbosskermopelugrestaurant bespreek. Die restaurant is ongeveer ses kilometer vanaf Lambertsbaai op die R364, die pad wat dié pragtige kusdorp met Clanwilliam verbind. Ek het op die vreedsame kampterrein langs die Jakkalsrivier kamp opgeslaan.

Dit was nog vroeg, dus het ek tyd gehad om meer verkenning te doen. Vroeër het ek 'n banier gesien wat 'n kunsuitstalling op Jackal Creek adverteer, en ek wou daar gaan kyk. Op pad na die kunsuitstalling het ek aan die linkerkant van die pad 'n klein, groen bordjie gesien met die naam Vanputtensvlei daarop. Ek het my eers nie juis daaraan gesteur nie. Dit het gelyk of die pad daarheen na iets soos 'n gruisgat op 'n moerassige, rietbegroeide plek lei.

Na my vlugtige besoek aan die kunsuitstalling by Jackal Creek, is ek na die Muisbosskerm waar ek weggelê het aan 'n reuse-seekosfees. Ek het met Anton Boonzaaier gesels wat staan en roer het in een van die seekospotte op die rooikranskole. Sy vrou, Hanlie, bestuur die restaurant se besprekingskantoor, en Anton help haar wanneer nodig. Anton het gevra of ek al ooit by 'n plek met die naam Vanputtensvlei was, en gesê hulle het 'n wonderlike kampterrein waar ek 'n draai moet maak. Ek was só bly hy het my daarvan vertel, want dis een van die bes bewaarde geheime van die Weskus.

Vanputtensvlei

As julle, soos ek, gedink het Lambertsbaai is die oorspronklike dorp langs hierdie suidelike deel van die Atlantiese kus wat rondom die ryk oes uit die see ontwikkel het, sou jy verkeerd gewees het. Die dorp Lambertsbaai is eers in 1930 gestig. Die klein handelspos Vanputtensvlei was die voorloper van die Lambertsbaai wat ons vandag ken. (Maar ek loop nou my storie vooruit.) Op Anton se advies, het ek op die smal grondpaadjie afgedraai tot waar dit regs draai, en daarna aangery tot by die

You’re reading a preview, subscribe to read more.