Kamp en Karavaan

Kampvuurpraatjies

GEBRUIK 'N VUURKLIP

Tydens 'n onlangse besoek aan die Ceres-omgewing het ek skoon vergeet om 'n aansteker of vuurhoutjies te bring om my gasstoof aan te steek. Met geen winkel in die nabyheid, of minstens 10 km van die kampplek af nie, was ek in die knyp, want sonder warm koffie kan ek nie klaarkom nie, en ek sou ook nie kon kosmaak nie.

Gelukkig het dit my bygeval dat ek 'n ruk gelede 'n vuurklipaansteker gekoop het, en toe probeer onthou waar ek dit gesit het. Ek het begin soek, en dit op 'n goeie plek in die voorste sak van my piekniekrugsak gevind. Ek het dit nooit tevore gebruik nie, en was nie eens seker of ek my gasstoof daarmee sou kon aansteek nie. Wel, geen probleem nie. Ek het sommer blitsvinnig 'n vlam, koffie en warm kos gehad.

Dis werklik

You’re reading a preview, subscribe to read more.